DIE DOEL VAN DIE DONKER


 

Duisende mens regoor Amerika het op 8 April in angs en spanning gewag vir die totale sonsverduistering wat sou plaasvind in menigte areas in die VSA.

Dit sou volgens verwagting die mees indrukwekkende een in meer as ‘n dekade wees weens die maan wat nader aan die aarde verby gekom het as gewoonlik en dus die son heeltemal sou oorskadu.

Gelykstaande hiermee sou dit ook die piek van die son se solar maksimum wees (wat net elke 11 jaar geskied) en dit het groot belofte ingehou vir ‘n skouspel sonder gelyke.

Gretig om nie hierdie wonder van God te mis nie, het ek en my man ook saam gewag om deur NASA se uitsending hierdie fenomeen te besigtig.

Die wetenskaplikes het oor tegniese dinge gebabbel en mens het reg gestaan met hulle spesiale sonverduistering brille.

Vol verwagting. Opgewonde. Vasgenael met hul oë na die SON.

Binne sekondes het die maan voor die son in beweeg en skielik is almal in stik donker gehul helder oor dag.

‘n Uitsonderlike en magiese eienaardigheid in die uitspansel het God se handewerk bekend gemaak en duidelik hoorbaar maar sonder ‘n enkele woord getuig…DAAR IS ‘n GOD! (Ps 19: 1-3)

Die minute het omgesleep terwyl almal gewag het vir die maan om aan te beweeg en weer die helder glans van die son deur te laat… 4 minute en 28 sekondes se DONKER STILTE.

Tydens die verduistering het die Gees die gedagte in my opgebring dat ons lewens ook soms gehul is in donkerte, stilte en ooglopende alleenheid.

Fisies.

Emosioneel.

Geestelik.

In die donker is alles moeiliker, droewiger, meer eensaam en diep onseker.

Geestelike droogte omskep ons weer in klein kindertjies wat die donker vrees oor dit die onbekende inhou.

Ons wil uitroep: “Here, waar is U? Het U my alleen gelaat? Gee U nie om oor my omstandighede en die doodsgevare wat voor my deur staan en wag om my te verswelg nie.

Hoekom sien ek niks nie….hoor ek U nie…voel ek U nie?”

 

In tye soos dié het Jesaja 50:12 my verklaring en geestelike vashou plek geword:

“Who is among you who reverently fears the Lord, who obeys the Word of His Servant, yet who walks in darkness and deep trouble and has no light?

Let him TRUST and be CONFIDENT in the name of the Lord and let him RELY on his God.”

 

Die Woord hier is so duidelik dat ons nie in hierdie lewe altyd gewaarborg gaan wees van paaie wat helder verlig is nie, selfs al glo ons in DIE LIG. Soms gaan ons net die ligte skynsel van iets sien wat ver in die donker ons nader roep maar nie noodwendig ons huidige situasie laat beter voel nie.

Ons kan egter onsself in hierdie tye anker in die sekerheid van Abba se teenwoordigheid deur te vertrou in SY WOORD.

Ons mag Hom soms dalk nie sien, hoor of voel nie maar omdat ons weet WIE Hy is en WAT Sy Woord sê, het ons SEKERHEID van Sy nabyheid in ons donkerte (Heb 13:5).

Ek is oortuig dat die duister oomblikke nie tye is waar Hy van ons laat gaan nie maar ‘n toets van waarop ons lewenshuise gebou is.

Gaan ons vertrou in ons besittings of in ons eie “mag” en illusie van beheer OF gaan ons VERTROU in die NAAM en WOORD van GOD? (Ps 20:8)

 

Is ons so vasgevang in ons emosies en in die teenwoordigheid van tasbare bewyse dat ons nie Sy Woord kan of wil vertrou in plaas van ons aardse oë en gevoelens nie?

Laat ons toe dat ons meegesleer word in die strome van hierdie wêreld se manier van doen wat skreeu: “MY  EMOSIE/GEVOELENS eerste en dan God se Waarheid voor ek sal kies om dan GELOOF te hê?

 

Wanneer Sy WOORD egter die fondasie en basis is van ons geloof en ons dit ingraveer op die tablette van ons harte en vasbind aan onsself (Spr 7: 1-3), dan begin ons loop (en eventueel hardloop) op die hoofweg na ‘n Hebreërs 11 geloof.

FEITE uit DIE WOORD/WAARHEID = GELOOF = EMOSIE.

 

Soos ons God se Woord internaliseer, memoriseer en hardop uitspreek oor ons lewens, terwyl ons klou aan die beloftes daarin, verander dit ons van binne.

‘n Vaste vertroue word opgewek uit ‘n standvastige geloof in SY WOORDE EN BELOFTES en dit verander ons harte om HOOP, VREDE, VREUGDE en ‘n VERWAGTING in oorvloed te voel. Dit waarna ons smag in ons donkerste oomblikke van ooglopende alleenheid.

 

God se Koninkryk is ‘n kop-onderstebo-wêreld waar die laastes eerste is; die armes ryk; die wat nederig ander dien opgelig word in eerbied en gesag en waar ‘n dag soos ‘n duisend jaar voel en ‘n duisend jaar soos ‘n dag.

 

Jesus verduidelik self Sy Vader se Koninkryk op hierdie manier in rooi letters; so waarom sal dit dan anders werk met geloof en gevoelens?

Juis wanneer dit die donkerste raak om ons en ‘n sielsverduistering van 4 minute voel soos 40 weke of jare kan ons teruggaan na dit waarvan ons harte bo alle dinge sekerheid het…Die NAAM bo alle name…JESUS.

Hy sien ons self in die donker (Ps 139: 11-12).

Hy is vir ons, nie teen ons nie (Rom 8: 31).

Hy is ‘n God van meegevoel en uitbundige asook oorvloedige liefde (Ps 86:15).

Hy laat gaan GEEN mens wat vertrou in Sy naam nie (Ps 9:10).

Hy sien jou reg waar jy staan, in die donker, met jou laaste bietjie hoop…smekend…alleen…maar vol verwagting oor jy weet dat gevoelens sal volg waar die WOORD leiding neem (Ps 33:13-14; en Ps 34: 15).

 

So wag…wag vir die Son…wag geduldig vir dié deurbraak van dié LIG….wag met HOOP in jou denke en laat jou vertroue in Hom jou aksies en gevoelens dikteer 

(Ps 130:5).

 

En wanneer die son uitbars agter die doodse donker en sy helder strale spoel oor jou moeë hart en denke sal Yahweh self jou oë verlig en sal jy kan sien dat Hy nog heeltyd daar was. Jou ewige metgesel in die donker valleie, met Sy staf om jou te lei en Sy stok om jou te beskerm.

 

Ek glo God se woorde aan ons almal vandag is word weerkaats in die van my jongste seun aan sy ouer boetie, wat een aand bang, bang die donker kombuis moes aandurf:

“Ek sal saam met jou kom. Moenie bekommer nie. Ek staan net hier en wag vir jou. Moenie bang wees nie. Ek belowe ek sal nie weggaan nie. Jy kan my net nie sien nie want dis donker MAAR ek is net hier.”   

 

Comments

Popular Posts