Skip to main content

Posts

Featured

Soos sand in ‘n uurglas

    Blitse verhelder die hemelruim met skouspelagtige spatsels van lig. Die donderweer slaan met ‘n dreuning so hard dat die klankgolwe reg deur my bors vibreer. Die storm buite woed wild en dit klink nogal asof dit dalk die wederkoms kan wees. Oomblikke van tevore was daar niks.  Binne minute het die dawerende dreuning die stil atmosfeer kom onderbreek, sonder verskoning of genade. Omdat ons op ‘n heuweltjie van soorte bly, is die blitse gewoonlik baie erger by ons as by meeste ander huise en word ons huis minstens een maal raakgeslaan deur die weerlig in so donderstorm.  Ons huis is soos ‘n weerlig-magneet en spring nie sommer die piets vry nie. In my binneste weet ek dat dit nie lank gaan wees voor een van my kinders by ons bed gaan opdaag nie. My jongste is baie bang vir donderweer en die klank, wat my eers nou as grootmens, vul met verwondering oor die Almag van God, wek diep vrees in hom op ten spyte van die wete dat God die skepper en bron van dit is...

Latest posts

BELOFTES OM VOOR TE WAG

DIE KRAG VAN DIE EEN

I AM with you in the storm.

AVODAH